Walker / Vorster Familie | Upington
Ek en die Walkers ken mekaar al vandat ek my verstand het, want ons ouerhuise was net ‘n klipgooi van mekaar af. Ons het saam groot geword en kattekwaad aangevang in die strate van Steenboklaan, en nou het ek die voorreg om vir hulle met hulle kinders af te neem! Hulle is ‘n warm en spontane familie, en lag die heeltyd. Dit was ‘n “blast” om julle af te neem Walkers!! ;)

















































































