top of page
Featured Posts

Cecil & Deolene | Waterfront Guestfarm | 07 November 2015

Cecil en Deolene is een van daai “power-couples”- wat ‘n belewenis was hulle troue nie!! Deolene het letterlik maaaaande vooruit uit hul bespreking gemaak. Ons het af en toe kontak gehad met emails, maar ons amptelike eerste ontmoeting was die Vrydag voor hul troue vir ‘n vinnige Wimpy koffie. Was ek nou vir jou opgewonde toe ek daar uitstap, hulle het al my wildste verwagtinge oortref. Ek het geweet: hier kom ‘n ding! Deolene (of sy lysie-vrou, soos Cecil graag na haar verwys), is vir jou ‘n agtermekaar mensie. Die troue was haarfyn beplan, met verassings om elke hoek en draai. Geen wonder dat ek amper 3000 foto’s geneem het nie!! Die troue en onthaal het op die oewers van die Oranje plaasgevind, en Waterfront Gasteplaas se mense het gesorg dat die dag vlot verloop. Ek het myself gate uit geniet, kon my verkyk aan al die mooi gaste en die tasbare liefde tussen Cecil en Deolene. Cecil en Deolene dankie dat jul my gevra het om julle fotograaf te wees, geniet die reis wat voorle!

Vir die foto aan die regterkant, moet ek krediet gee aan Lee die "best man" en sy goeie oog!

Recent Posts
No tags yet.
Search By Tags
Archive
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page