Marais Familie | Swangerskap
Liz-Mari is net soos ek 'n fotograaf-boervrou-vanni-kalahari-en-'n-ma-van-twee. Ons jongste spruite verskil slegs twee weke! Ons kan lekker gesels oor al die uitdagings van hedendaagse boerdery, en mekaar moed inpraat as die "terrible two's" ons ore aansit, en soms wens ons ons was mekaar se buurvroue, om oor en weer te kan koek en tee! Hulle is 'n pragtige, hegte gesinnetjie. Cheers op nog baie jare se vriendskap!
