Grobbelaar Familie
Die Grobbelaars van Hartswater en my man se vriendskap kom al die pad van hul Bloemfontein-dae af, waar hul saam in 'n woonstel gebly het. Ek het Merwe en Anien se troufoto's in Hartswater gaan neem, en was tog te bly toe sy my vra om 'n paar gesinsfoto's van hulle op ons plaas te neem, toe hulle kom kuier het. Klein Lane het die grootste, blouste oe wat ek nog aan 'n kind gesien het! Plat op die aarde gesinnetjie, en 'n voorbeeld vir baie.







































