top of page
Featured Posts

Nardus & Juanita | Keimoes | 25/09/2105

Nardus en Juanita se troue was my eerste troue in meer as 'n jaar! Ek het tydelik my lens opgehang, want ons het Februarie-maand 'n babadogterjie ryker geword, en ek het my vir eers voltyds besig gehou met ma-wees van ons twee kinders. Maar nou dat ek so lank weg was, besef ek hoe baie ek my werk gemis het. Dis 'n ongelooflike voorreg om so direk betrokke te wees by twee mense se troudag - die belangrikste dag in hulle lewens. Daar is soveel emosies en oomblikke wat vasgevang kan word, en ons af fotograwe sien en ervaar die dieper liefde en dinamika tussen gesinne, broers en susters en kinders. Juanita en Nardus se verhaal is een van liefde, dit was 'n klein intieme troue wat bestaan het uit naastie vriende en familie. Die twee dogtertjies is versot op hul pa en kon nie vir beter gevra het nie! Mag jul en jul twee dogtertjies die soet van die lewe ervaar. Julle is 'n spesiale gesinnetjie, koester mekaar en wees lief vir mekaar. Geniet die foto's!

Juanita het vir elkeen van haar dogtertjies 'n boksie met hulle eie "trouring" en ander blink goedjies gegee. :)

Dit was 'n baie spesiale oomblik toe Juanita haar siggestremde ouma laat voel het hoe haar rok lyk.

Recent Posts
No tags yet.
Search By Tags
Archive
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page