top of page
Featured Posts

Franja | Ons prinses

Ons pragtige dogtertjie, en tweede oudste, is gebore die 16 Februarie 2015. Franja is vernoem na my ma, haar ouma, wat op 25 Mei van hierdie jaar weens kanker oorlede is. Sy is die fynste en vriendelikste kind, sy lag werklik die hele tyd! Ek weet haar ouma Fransie sou so trots gewees het op haar klein naamgenoot, wat klaar diep spoortjies in almal wat haar ken se harte kom trap het. Ek is bevoorreg om elke keer as ek na haar kyk, of haar naam se, 'n stukkie van my ma in haar te sien en te onthou. Franja is op die regte tyd aan ons gegee, en ek is so bly "Ouma Flansie" kon so bietjie vir haar leer ken. My kind, ek hoop dat jy 'n paar van jou ouma Fransie se karaktereienskappe geerf het, sy was besonders, iets anders. Net mense wat haar geken het, sal weet waarvan ek praat. Jy is bevoorreg dat haar bloed deur jou are vloei. Ek sal jou alles van jou ouma vertel, al het jy haar nie geken nie, sal jy haar nooit vergeet nie.

Recent Posts
No tags yet.
Search By Tags
Archive
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page